2012Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse RegRequires access

The end of the road for the Roman rule of risk in sale? : artikel

Graham Glover

Open publisher page 0 citations

Abstract

Die einde van die pad vir die romeinse risiko-reel in die verkoopsreg? Die Romeinse risikoreel in die verkoopsreg - perfecta emptione periculum est emptoris - het 'n lang geskiedenis in die Suid-Afrikaanse gemenereg. Die artikel begin met 'n ontleding van die reel soos dit in die Suid-Afrikaanse gemenereg ontwikkel het tot en met die jongste beslissing van die hoogste hof van appel in Southern Era Resources Ltd v Farndell NO in 2010. Daarvolgens word die verskeie redes vir die lang lewensduur van die reel soos dit deur verskeie kommentators geidentifiseer is, veral Van den Bergh, ondersoek. Daarna word die veranderinge aan die reel wat deur die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 teweeg gebring is ontleed met verwysing na die feit dat die risiko in 'n verkoopskontrak waar die wetgewing van toepassing is, vervolgens van die verkoper na die koper oorgedra word wanneer die res vendita afgelewer word en nie, soos in die gemenereg, wanneer die verkoopskontrak perfecta is nie. Die relevante artikel van die wet is nie 'n model van wetgewing nie en vereis sorgvuldige interpretasie. Die effek van die statutere bepaling op die reel met betrekking tot voordele - die korrelatief van die risikoreel - word ook ondersoek. Die res van die artikel oorweeg wat die effek van die wet op die risikoreel behoort te wees, gegewe die feit dat die wet nie van toepassing is op alle koopkontrakte nie. Eerstens word die rol en doel van die naturalia in die kontraktereg in die algemeen in oenskou geneem om 'n grondslag te le vir die hersiening van die risikoreel. Daarna word die probleme met die klassieke posisie aangedui. 'n Belangrike deel van die artikel beskou die risikoposisie soos dit gevind word in vergelykbare regstelsels, in beide gemenereg- en sivielregtelike regsgebiede, en in verskeie internasionale instrumente, soos die CISG, die DCFR en die voorgestelde Europese Gesamentlike Verkoopsreg. Die moderne posisie is deurgaans teen die Romeinse formulering. Dit word uiteindelik aangevoer dat, wanneer die moeilike geskiedenis van die reel, die algemene stand van die reel in vergelykbare regstelsels, en die belange van redelikheid, regverdigheid en eenparigheid in ag geneem word, die risikoreel in die gemenereg moet verander om te strook met die wet en standaarde in vergelykbare regstelsels.

About this research paper

What this paper is about

Why it matters

A significance statement is not available in the OpenAlex record.

Key contribution

A contribution statement is not available in the OpenAlex record.

Method / approach

Method details are not available in the OpenAlex metadata.

Main findings

Findings are not separately available in the OpenAlex metadata.

Limitations

Limitations are not available in the OpenAlex metadata.

Applications

Application details are not available in the OpenAlex metadata.

Available abstract

Die einde van die pad vir die romeinse risiko-reel in die verkoopsreg? Die Romeinse risikoreel in die verkoopsreg - perfecta emptione periculum est emptoris - het 'n lang geskiedenis in die Suid-Afrikaanse gemenereg. Die artikel begin met 'n ontleding van die reel soos dit in die Suid-Afrikaanse gemenereg ontwikkel het tot en met die jongste beslissing van die hoogste hof van appel in Southern Era Resources Ltd v Farndell NO in 2010. Daarvolgens word die verskeie redes vir die lang lewensduur van die reel soos dit deur verskeie kommentators geidentifiseer is, veral Van den Bergh, ondersoek. Daarna word die veranderinge aan die reel wat deur die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 teweeg gebring is ontleed met verwysing na die feit dat die risiko in 'n verkoopskontrak waar die wetgewing van toepassing is, vervolgens van die verkoper na die koper oorgedra word wanneer die res vendita afgelewer word en nie, soos in die gemenereg, wanneer die verkoopskontrak perfecta is nie. Die relevante artikel van die wet is nie 'n model van wetgewing nie en vereis sorgvuldige interpretasie. Die effek van die statutere bepaling op die reel met betrekking tot voordele - die korrelatief van die risikoreel - word ook ondersoek. Die res van die artikel oorweeg wat die effek van die wet op die risikoreel behoort te wees, gegewe die feit dat die wet nie van toepassing is op alle koopkontrakte nie. Eerstens word die rol en doel van die naturalia in die kontraktereg in die algemeen in oenskou geneem om 'n grondslag te le vir die hersiening van die risikoreel. Daarna word die probleme met die klassieke posisie aangedui. 'n Belangrike deel van die artikel beskou die risikoposisie soos dit gevind word in vergelykbare regstelsels, in beide gemenereg- en sivielregtelike regsgebiede, en in verskeie internasionale instrumente, soos die CISG, die DCFR en die voorgestelde Europese Gesamentlike Verkoopsreg. Die moderne posisie is deurgaans teen die Romeinse formulering. Dit word uiteindelik aangevoer dat, wanneer die moeilike geskiedenis van die reel, die algemene stand van die reel in vergelykbare regstelsels, en die belange van redelikheid, regverdigheid en eenparigheid in ag geneem word, die risikoreel in die gemenereg moet verander om te strook met die wet en standaarde in vergelykbare regstelsels.

Key concepts: Theology, Art, Die (integrated circuit), Philosophy, Engineering, Mechanical engineering

Related papers

Back to paper searchBrowse research topicsOriginal source
The end of the road for the Roman rule of risk in sale? : artikel — Research Paper | ScholarLens